WAT BIED ONS?

Boot en veselglas herstelwerk, diens bootmotors, hengelwinkel en gereedskap.

SAMSA dosent, Eksaminator vir Skipper kursusse, SADSAA/SALTBAA Boot veiligheidsbeampte, SALTBAA Toernooi beampte, Northern Cape LTBAA voorsitter en sekretaris.

Hengel afdeling

*Aas & Dips

* Hengelgerei

* Erdwurms & voer

* Kamp toerusting

 Boot afdeling

* Onderdele

* Bybehore

* Diens bootmotors

* Boot & Veselglas Herstelwerk

Skippers lisensies

* Skippers kursus

* Vlotasie Sertifikaat

* Veiligheid Sertifikaat

* Varswater hengel lisensie (FS)

AGTERGROND

Sedert voorskool was hengelgerei vir Skippie geen vreemde gereedskap nie. Op daardie ouderdom het hy en sy broer saam met Pa Neels die hengel waters aangedurf met dikwels gemengde sukses. Gedurende die 1980's het hy begin kompeterend oewer hengel terwyl Linda, (vandag sy wederhelf) haarself met n storieboek by die hengel water besig gehou het. In 1995 het Skippie begin ligtegerei boothengel doen waarna dit nie lank geneem het voordat hierdie hengel gogga Linda geprikkel het nie.

 

Albei was lid van n Protea span in England en Noorwee. Hulle het ook verskeie kere die SA span in Suid-Afrika, Zimbabwe en Namibie verteenwoordig. Albei het vir 20 jaar nasionale en internationale kampoienskappe georganiseer en bestuur.

 

 Skippie het vanaf 2007 betrokke geraak by die opstel van die huidige wet op klein vaartuie, waar hy en Linda hulself laat oplei het as kleinvaartuig inspekteurs, veiligheidsbeamptes en instrukteurs in lisensieëring van kleinboot bestuurders(Skippers).

 

Op 1 September 2013 was dit duidelik dat daar geen onderneming in Kimberley en omgewing was, wat kennis van boot vlotasie gehad het nie. Daar was wel n bestaande bootherstel onderneming maar dit het deure toegemaak en die eienaar het Kimberley verlaat. Wat vesselglaswerk betref was daar n persoon wat dit deeltyds gedoen het maar die uiteinde was dat Skippie al drie hierdie funksies vanaf sy huis begin doen het.

 

Net voor die pandemie was hy en Linda oorreed om vloerspasie met n hengel winkel te deel. Die pandemie was afgekondig en die resultaat was dat die hengel winkel op n stadium uitgekoop is. Gou was daar besef dat vooruitgang selfs in n normale jaar deur n spektrum van struikelblokke bedreig kan word. As voorbeeld die kombinasie van wereldwye "COVID19" pandemie met stakings en onrus van 2021, het beslis vooruitgang vir kleinsake- eienaars dubbel uitdagend gemaak. Vir hierdie rede is ons verplig om strategies te werk en om daarby te hou.

 

Ons Span

2022_11_09_10_59_33_362
Johan Scheepers (Skippies)

Eienaar

2022_11_09_10_59_52_898
Linda Scheepers

Eienaar

2022_11_09_10_58_46_554
Bringarde Nieman

Winkel Assistent

2022_11_09_10_59_16_216
Collen Mothabi
mOSES KOMETSI

Werkswinkel Assistente